
=====================================================================
Multikulturaliteit gaan groot rol speel (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Multikulturaliteit gaan groot rol speel

  'n Gesprek oor kultuur sonder 'n bespreking van multikulturaliteit is vandag waardeloos, s Johan Degenaar. Hy het gepraat by 'n 
diskussie-aand waar die wisselwerking tussen die taal en kultuur van die Lae Lande en di van Afrikaanssprekendes bespreek is na aanleiding 
van die opening van die kultuursentrum Huis der Nederlanden in Kaapstad. DIE definisie van 'n woord soos kultuur is meer problematies as 
wat die gebruiker van die woord gewoonlik besef. Ek self vind dit behulpsaam om te aanvaar die betekenis van 'n woord is die gebruik van 'n 
woord in 'n bepaalde konteks. Laat ons dit ook in gedagte hou.

Vir die doel van ons gesprek definieer ek kultuur as die lewensvorm van 'n gemeenskap, en gemeenskap as 'n groep mense wat sekere 
eienskappe deel. Een voorbeeld van sodanige gedeelde eienskappe is: afkoms, ervaring, geskiedenis, taal en letterkunde.

Ek beveel ook aan dat ons kultuur nie moet sien as iets staties nie maar as iets dinamies, nie as 'n lewensvorm wat afgehandel is nie maar 
as 'n skeppende proses, en ook nie as 'n lewenstyl waaraan ons uitgelewer is nie, maar waartoe ons 'n bydrae kan lewer.

Ek vermoed dat hierdie siening vry algemeen aanvaar word. Wat wel reaksie uitlok, is my voorstel dat kultuur eers verstaanbaar is in die 
spanning van multikulturele situasies. Dit wil s multikulturaliteit is nie bloot toevallig ten opsigte van ons verstaan van kultuur nie, 
maar 'n noodsaaklike voorwaarde daarvan.

Hierdie spanning word nog boeiender indien ons besef dat 'n multikulturele konteks veel komplekser is as waarvan ons bewus is. Hierdie 
kompleksiteit blyk, onder meer, uit die volgende: die spanning tussen kulture van gemeenskappe onderling en tussen 'n bepaalde gemeenskap 
en die ruimer nasionale kultuur; die spanning tussen Wes en Oos, tussen Eurosentries en Afrosentries; die spanning tussen globalisering van 
ekonomie en tegnologie aan die een kant en nasionale en plaaslike toestande aan die ander kant; die spanning tussen universaliteit en 
partikulariteit soos blyk uit die botsing tussen die strewe na 'n universele handves van menseregte en die regspraktyk in 'n partikuliere 
staat. Indien ons hierby voeg die bestaan van 'n verskeidenheid van subkulture in 'n samelewing dan word dit inderdaad 'n kompleksiteit om 
van te duisel.

Voeg nog hierby die onderskeiding tussen premoderne, moderne en postmoderne benaderings tot kultuur. Premoderniteit word gekenmerk deur 'n 
gebrek aan 'n kritiese verhouding tot kultuur en dit lei tot konflik tussen kulture. Moderniteit is die strewe na een kultuur in terme van 
redelikheid en wetenskaplikheid en dit lei tot nivellering van kulture. Postmoderniteit is die erkenning van die reg van bestaan van 'n 
verskeidenheid van kulture en dit lei tot 'n kreatiewe spanning tussen kulture. Indien dit nou gebeur dat al drie benaderings in dieselfde 
samelewing voorkom dan neem die kompleksiteit van 'n multikulturele konteks buitengewone afmetings aan.

Gegewe hierdie kompleksiteit waarby taal en kultuur in multikulturele situasies betrokke is, pleit ek as filosoof vir die kweking van 'n 
tweede refleksie waardeur ons nie net praat vanuit 'n bepaalde taal en kultuur nie, maar gedurig krities kyk na ons taal en kultuur.

Wat het al hierdie opmerkings nou met ons gesprek te make? Ek meen dit het belangrike implikasies vir Nederland, Belgi, Suid-Afrika en 'n 
kultuursentrum soos die Huis der Nederlanden waarin hul kultuur en taal 'n tuiste vind.

Nederland en Belgi moet in hul besinning oor kultuur rekenskap gee van die volgende:

* Hulle bestaan en voortbestaan binne die Europese Unie, wat 'n pluraliteit van tale en kulture insluit.
* Die bestaan en hantering van 'n verskeidenheid van kulture binne Nederland en Belgi.
* Die verengelsing van die akademiese kultuur.
* Na analogie van Sokrates se gedagte dat 'n onge-eksamineerde lewe nie die moeite werd is om te lewe nie, wil ek beweer: 'n onge-
eksamineerde Nederlandse en Belgiese kultuur is nie die moeite werd om in te lewe nie.

Suid-Afrika moet ook in hierdie verband besin oor die volgende:

* Die bestaan en voortbestaan van Suid-Afrika binne Afrika, wat 'n pluraliteit van tale en kulture insluit.
* Die bestaan van die Afrikaanse kultuur binne die Suid-Afrikaanse staat, wat die hegemonie van nasiebou nastrewe.
* Die verengelsing van die Suid-Afrikaanse en die akademiese kultuur.
* 'n Onge-eksamineerde Afrikaanse kultuur is nie die moeite werd om aan te behoort nie. Die Huis der Nederlanden moet aandag skenk aan die 
volgende:
* Die aard en rol van die Huis der Nederlanden in 'n multikulturele samelewing.
* Die noodsaaklikheid van die organisering van gereelde gesprekke oor bogenoemde aangeleenthede.
* Die verengelsing van die Suid-Afrikaanse kultuur.

'n Onge-eksamineerde Huis der Nederlanden is nie die moeite werd om te steun nie. Ek hoop dat daar onder ons oorsese besoekers persone is 
wat belang stel in probleme rondom multikulturaliteit. Persoonlik sal ek graag wil hoor van die Nederlandse en Vlaamse ervaring en gedagtes 
in hierdie verband. Ons het mekaar nodig in die besinning oor di belangrike probleme. Gesprek is een manier om ons voor te berei vir die 
21ste eeu, waarin multikulturaliteit 'n groot rol gaan speel en ons gaan uitdaag om respek vir die andersheid van die ander kultuur se 
lewenswyse te aanvaar. Prof. Johan Degenaar, emeritus hoogleraar van die Universiteit van Stellenbosch, is 'n bekende filosoof en skrywer.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6425.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

